Is ‘n mediumraam bul wat net op koeie gebruik kan word. Hy is baie manlik met uitstekende sekondêre geslagseienskappe – baie sterk kop en oogbanke, dik en breë bulnek met baie mooi verdonkering.
Hy is uitstekend aangepas vir die omgewing - van sy goeie skofontwikkeling, lang stert, sterk bene en kloue en uitstaande vel en haar kwaliteit. Hy is in alle opsigte ‘n aangepaste dier wat orals behoort te presteer.
ERH23-42 is die ideale keuse vir ’n teler wat gehardheid, bespiering en manlikheid in sy kudde wil vaslê. ’n Bul wat gebou is om kommersiële winsgewendheid te dryf.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook