Geteel uit ‘n top koei, HART 17-0020 met OEK 28 mnde, TKP 386 dae/5 kalwers en sy speen gemiddeld teen 53,9% van haar liggaamsmassa. Dit is 253kg gemiddeld.
HART 23-0256 is ‘n mediumraam, vroeër ryp tipe bul wat net op koeie gebruik moet word. Hy dra baie vleis en gee daardie tipiese indruk van ‘n dik, volvleis bul in top kondisie. Sy lengte/hoogte verhouding is uitstaande met ‘n verhouding van 1:22 – 22% langer in lyf as sy skouerhoogte. Presies waar die ekstra gewig is – in die lengte!
Hy is uitstekend aangepas vir strawwe omgewings en is geteel om te presteer.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook