’n Jong spoggerige, mediumraam en funksioneel korrekte bul met uitsonderlike balans en diepte. Is ‘n mediumraam, kalfgemak bul met uitstekende bouvorm, goeie bespiering, goeie breedte, vol binne en buite dye, sterk toplyn, genoegsame kapasiteit en uitstekende lengte. Sy kruishelling, stertaanhegting en onderlyn is baie goed – perfekte skede/naelvel kombinasie.
Aanbeveling:
LOT 21 is die perfekte keuse vir ’n teler wat op soek is na aanpasbaarheid, strukturele korrektheid en balans. ’n Baie stylvolle bul wat rasegtheid kombineer met uitstekende kommersiële vleisproduksie.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook