Op Lot 4 is een van ons gunsteling bulle op die veiling - RPE21-58, hy is 'n kleinseun van LAR09-281, wat baie na sy oupa trek en is uit een van ons beste koeie. RPE21-58 is die 2de seun van haar wat ons gebruik het, met die ander een - RPE19-188 (2023 produksie veiling se lot 3, verkoop aan Hansie Viljoen). RPE21-58 is 'n bud met ’n besonderse sterk kop en bek, Iang diep lyf, goeie breedte en bespiering, sonder om die dubbelbespiering gene te dra. Ons het hom gebruik met groot sukses op stoet koeie en verse, met van ons beste kalwers van die seisoen wat uit hom uit kom. Hier is 'n beproefde jong stoet bul wat koppe, diepte, lengte en kapasiteit gaan by sit, waar ook al hy gaan. Ons behou 'n semen aandeel van die bul. Gebruik in kudde, behou ‘n semen aandeel
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook