Lot plassings is altyd 'n moeilike ding en die jaar was besonders moeilik met 'n string sterk bulle. Ons het RPE21-19 op lot 3 geplaas as een van ons gunstelinge van die veiling. Hy is ’n baie korrekte bud met 'n byna perfekte toplyn wat plat loop tot reg in sy skof, perfekte groot testes, manlike kop met’n sterk breë bek, gladde vel en haar, sterk bene en goeie kloue. Met dit alles gesê is dit een van die breedste bulle op die veiling wat baie vleis dra van voor tot agter en 'n boud spier wat tot laag afloop in die hak. RPE21-19 is ’n seun van PAD15-78(KVB1 J -101 seun) waarvan seuns al verkoop is aan Up George bonsmaras, Baszohn Cattle Co en Lourens van Wyk. Sy ma was ’n kort op die been, vroeg ryp koei met’n pragtige uier en kort dun speentjies. Sy was besonders vrugbaar met ’n TKP van 325 oor 4 kalwers en gemiddelde speen indeks van 102, wat werklik iets besonders is. Sy is ongelukkig dood in 2022. Sy was ’n LAR05-350 dogter, LAR05-350 het van die beste koeie in die bedryf geteel met koeie soos LAR10-152(LAR14-200 se ma) wat ook'n dogter is van hom. Blou bloed! Behou ‘n semen aandeel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook