Lot 1 1, RPE21 -138 is een van ons gunstelinge van die veiling. Hy is een van 3 seuns van die kudde vaar LAR14-265 (Broer, selfde ma van LAR17-339) op veiling, sien lotte 9 en 23. Sy ma is een van ons top ouer koeie, RPE10-14. Sy het 11 kalwers op 13 jaar ouderdom met ’n TKP van 401 en Gem SI van 102, sy het verder 'n seun al verkoop aan Mark Mc lntire wat baie goed vir hulle gedoen het. RPE21-138 is 'n bul met "presence", hy is 'n baie korrekte bul met min foute. Sterk kop en bek, reuse skof al is hy net 28 maande oud,"table-top" rug wat plat loop tot in sy skof, breed tussen die skouers, Iang lyf, vol binne en buite dye en ’n boudspier wat laag af gaan. Verder was RPE21-138 die 2de swaarste speenkalf van al die bulle op die veiling, met ’n speengewig op 205 dae van 332kg, speen indeks van 1 19, en 'n GDT indeks van 1 17. Vir die kritici wat sê bonsmaras kalwers kan nie ’n skaal trap nie, wys hulle die bul se kalwers!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook