Lot 9 is die laaste van 3 LAR09-281 seuns op die veiling, hy is 'n toonbeeld van hoe sy pa teel met besonderse diepte en kapasiteit. Hy dra baie vleis sonder om die DB geen te dra. RPE20-15 is uit 'n besonderse koei, LDW11-119 wat 'n dogter is van die bekende LAR05-350, sy is 'n regte bul moeder met hierdie seun en haar volgende seun (RPE20-150) wat in die kudde gebruik is en haar 2021 bul kalf is ook een van die bestes. Sy kalf die eerste keer op 29 maande en kalf daarna elke jaar met 'n TKP van 386 oor 9 kalwers en gemiddelde speen indeks van 110. Lot 9 het ook baie goeie syfers, met 'n speen direkte syfer van +13.9 en speen maternaal van +11. Hier is 'n bul wat vir jou bul moeders gaan teel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook