Ons het vanjaar 2 vol broers op die veiling, lot 30 (RPE20-113) en die laaste bul op die veiling lot 37 (RPE19-171). Ons het dieselfde kombinasie weer gedoen want ons het gesien dit werk. RPE20-113 het uitstekende bouvorm, sterk toplyn, breë rug, vol agter die blaaie, vol binne en buite dye en 'n boud wat tot laag op die hak af gaan. Hy staan vierkantig op sy bene en loop baie gemaklik. Sy ma RPE14-35, is 'n BG96-125 kleindogter, sy is 'n pragtige koei met byna perfekte wigvorm van agter na voor, pragtige uier met klein spene, lang lyf en is die toonbeeld van vroulikheid. RPE20-113 is dan ook 3% gelyn teel na BG96-125 wat een van die legendes in die bedryf is, met sy pa (PAD13-177) en sy ma wat BG96-125 in hul voorgeslagte het. Die lyn teling behoort dan ook te verseker dat RPE20-113 goeie erfdwang sal hê en so teel soos hy lyk.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook