JacMar Maximus is 'n beproefde kuddevaar wat ons met groot sukses in die JacMar en Stefmar kuddes gebruik het. Maximus wys vir ons baie goeie manlikheid met goeie diepte en breedte, hy is geteel uit 'n top moeder met 'n TKP van 393 oor 7 kalwers. Maximus is 'n JacMar Magnum seun en bring twee van die suksesvolste lyne in die JacMar kudde naamlik JacMar Maverick en JacMar Jimmy bymekaar. Maximus beskik oor baie goeie groei soos ondersteun deur sy EBV's. Maximus is 'n "Easy Fleshing" bul met 'n baie goeie agterkwart met lang bespiering. Semenaandeel word gehou vir eie gebruik. Heup hoogte: 141cm, Raam: Medium
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook