'n Bul waaroor ons baie opgewonde is! BLEKA ROOIVALK is soos die Rooivalk uniek! Hy hang in die lug, gebalanseerd en met Valkoë hou hy sy koeie dop! Mediumraam, easy-fleshing, uitstekende haarkwaliteit, goeie skede, goeie been. Hy is uniek! Heeltemal nuwe bloed vir die Simbra-bedryf! Sy Pa is 'n Simmentaler bul wie se ma beskik oor 'n TKP van 362 oor 6 kalwers met simdeks van 106. Sy Pa gaan terug na die baie bekende Simmentaler bul BAR 5 SA HARACH. ROOIVALK se ma het 'n TKP van 362 dae en sy ouma aan moederskant was een van ons eerste embrio-koeie BE09210. Moenie die geleentheid om van die beste nuwe genetika te bekom mis nie! Saadaandeel word uitgehou! Heup hoogte: 140cm, Raam: Medium
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook