Bul gebou vir IMPAK! WW223041 is ’n bul gebou vir impak met goeie bespiering, kapasiteit en ‘n sterk beenstruktuur. Hy kom uit indrukwekkende genetiese bloedlyne, 'n perfekte kombinasie van oorsese en plaaslike genetika. Hy is onder andere die kleinseun van die 2018 Wêreld Brangus Kongres Grootkampioen Bul, SJCC TRIO'S CEO 175C5. Volgens PJ Budler: "CEO breeds an industry relevant type with a lot of extra quality and performance". TWO W Brangus hou ‘n saadaandeel. Alle inentings op datum.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook