Poena (skurs). | ‘n Netjiese, sterk Poena bul met baie goeie diepte en korrekte bouvorm. Die bul se kruis is struktueel baie gewens en bevordelik vir kalwingsgemak. Hy het ‘n lang dyspier en is vol in die lies. Sy skrotum hang mooi simmetries en hy het ‘n netjiese skoon onderlyn. Hy is sterk op al sy teelwaardes. Met besonderse genetiese saamgestelde waardes vir vrugbaarheid, speenkalf- ,groei- en karkaswaarde. Hy word aanbeveel vir alle produksiefases in ‘n vleisbeeskudde met klem op die teel van vervangingsdiere en speenkalfproduksie en die oopmaak van uitgegroeide vervangingsverse. ‘n Poena bul met stoetpotensiaal!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook