Poena (skurs). | JHL 20 066 is ‘n bul met goeie algemene balans, hy het uitstekende lengte van lyf. Sy genetiese waardes maak van hom ‘n bul wat oor die hele spektrum van ‘n vleisbeeskudde gebruik kan word. Hy is bo gemiddeld op die meeste van sy teelwaardes met uitstaande genetiese eienskappe vir kalwingsgemak, speenkalfproduksie , groei- en karkaswaarde. Sy waarde vir melkproduksie maak van hom ‘n aanwins in enige kudde wat hierdie eienskap wil bevorder. ‘n Poena bul met besonderse saamgestelde genetiese waardes vir melk-, groei-, speenkalf- en karkaswaarde. Hierdie bul kan sterk aanbeveel word vir die oopmaak van verse en die teel van vroulike vervangingsdiere.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook