SOUTPANSBERG BONSMARA SE TEËLDOELWITTE
Die plaas Spitskop, waar Soutpansberg Bonsmara se tuiste is, lê reg langs die Mara Navorsingsentrum waar prof. Jan Bonsma met keurige seleksie en kruisteling die Bonsmara-ras ontwikkel het vir Suider Afrikaanse omstandighede.
Soutpansberg Bonsmara is in 2009 geregistreer. “Ons het reeds vanaf 2011 deelgeneem aan gesamentlike produksieveilings as lid van Tussen-i-Berge Bonsmara en ons eerste eie bulveiling is in September 2015 op die plaas De Ruigte aangebied met groot sukses."
Hierdie area is bekend as een van die strafste gebiede vir siektes soos Hartwater, Asiatiese- en Afrika Rooiwater en Galsiekte.
“Ons glo aan kuddediversiteit. Teelmateriaal, gewerf vanaf top, gevestigde telers word in hierdie kudde gebruik. Toespitsing op kunsmatige inseminasie verseker die Soutpansberg Bonsmara-kudde se genetiese vordering en -variasie. Die BenguFarm Genetics tellingsbestuurmodule word ook ingespan om genetiese teeldoelwitte te bereik.”
BESONDERHEDE OOR KOMENDE 2026 VEILING
Soutpansberg Bonsmara Produksie veiling sal plaasvind die 9de Oktober 2026, om 11h00 op die plaas De Ruigte. (GPS : 28º02’15.92"S & 29º17’03.05"O)
Ons bied aan 25 – 30 top, hard geselekteerde SP en B Bonsmara bulle, asook 250 kommersiële vroulike diere. (diere loop op Hartwater, Rooiwater, Galsiekte veld) Aanbod onderhewig aan verandering.
Kudde gesondheidstatus: Jaarlikse inentings: Lam, Spons, Milsiekte, Knopvelsiekte, 3 Dae Stywe siekte, RB51 vir verse, Hondsdolheid.
Veearts ondersoeke word gedoen om skoon te toets vir TB, BM, Vibriose, Skedewasse vir bulle – Vrugbaarheid en Trichomoniase toetse word gedoen.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook