Die AG Bonsmara kudde het sy ontstaan gehad in 1958, in die Thabazimbi bosveld. In 1985 is die kudde verskuif na die Hoëveld – tussen Vrede en Memel. Vanaf die ontstaan van die kudde is gekonsentreer op goeie bouvorm (medium raam, manlikheid en bespiering) by bulle en by vroulike diere (vroulikheid, goeie uiers en spene en mooi balans). Ons is nou die derde generasie wat fokus op Bonsmaras as ons passie en enigste bron van inkomste. Ons doen besigheid met integriteit. Vandag streef ons nog steeds na dieselfde eienskappe met net meer klem ook op diepte van lyf en kapasiteit. Ons lewe is Bonsmara!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook