Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu
“Die vraag is nou: Hoe moet die Afrikaners op die nuwe situasie reageer? ’n Eeu gelede het hulle hul nie by die werklikheid van die Anglo-Boereoorlog se verskroeide aarde neergelê nie – hulle het skouer aan die wiel gesit en binne die praktiese beperkings die beste van die saak gemaak. Het die moderne Afrikaners dit in hulle om hulle eweneens nie by die nuwe werklikheid van die verlore heerskappy neer te lê nie en dit binne die praktiese beperkings in ’n herwonne toekoms te omskep? Het hulle die geestelike, die emosionele en die intellektuele krag om die verlies van mag te bowe te kom en nie alleen te oorleef nie, maar iets groots in die praktyk tot stand te bring? Sal van hulle gesê word dat hulle in ’n krisistyd deur die smeltkroes gegaan en sterker anderkant uitgekom het? Of sal hulle sagkens, soos ’n kers onder ’n maatemmer, uitgedoof word?” – Leopold Scholtz in Kruispaaie.
Meer oor Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu
Die Afrikaner het sedert sy ontstaan voor verskeie keuses te staan gekom wat nie net die geskiedenis in ? sekere rigting gelei het nie, maar ook dié groep se wil om oorlewing sou beklemtoon. Dié kultuurgroep se stryd om oorlewing is duidelik in onder meer die vestiging van die Boererepublieke, die keuse om Afrikaans as taal te vestig, die herwinning van politieke mag in 1948 en uiteindelik die verlies van mag teen 1994.
Kruispaaie, deur Leopold Scholtz, plaas die fokus op dié en ander rigtinggewende keuses wat die Afrikaner gedurende die 19de en 20ste eeu geneem het en ondersoek die, soms rampspoedige, gevolge van dié besluite. Dit vra ook die brandende vraag prontuit: Het die moderne Afrikaner dit in hulle om binne die praktiese beperkings ? herwonne toekoms te skep? Of sal hulle sagkens, soos ? kers onder ? maatemmer, uitgedoof word? | Estimated Value: 350-450
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook