"Deur iemand anders se lewe te verander, verander jy 'n gesin se sienswyse en stadig maar seker die hele samelewing.
Een van die beste maniere om gemeenskappe te ontwikkel, is met opvoeding, opleiding, en ontwikkelingsgeleenthede.
Die navraag vir die versorging van kwesbare persone in ons gemeenskappe word elke dag meer en meer. Die tekort aan versorgers is hoog. Versorgers is die oë, hande en stem vir ʼn kwesbare persoon. Elke versorger wat sy of haar plek in die samelewing volstaan, getuig van die verskil wat opleiding in hulle lewe gemaak het.
By die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut lei ons versorgingstudente op, maar dit is meer as net 'n opleidingsentrum – dis 'n plek waar drome bewaarheid en doelwitte bereik word. Dit is ook ʼn plek waar ons vir studente loopbane skep.
Jy het nou 'n geleentheid om 'n student se lewe onherroeplik te verander! Met jou bod help jy om ʼn student se studiefooi te betaal.
Neem deel aan die Veiling vir Hoop. Gee vandag vir studente die geleentheid om hul plek in die samelewing roepingsgedrewe vol te staan.
Gaan besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting: https://helpendehandopleiding.co.za/"
| Estimated Value:
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook