Vasgevang! – Louis Changuion
Die lewe van die Boere in die Suid-Afrikaane krygsgevangenekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog
In November 1899, nagenoeg ’n maand nadat die Anglo-Boereoorlog in Oktober uitgebreek het, word die eerste Boerekrygsgevangenes na Simonstad gestuur. Hier word hulle eers aan boord van transportskepe in die baai aangehou. In Januarie en Februarie 1900 word die eerste gevangenes oorgeplaas na die krygsgevangenekampe in Kaapstad, Simonstad en Ladysmith, en kort vóór die einde van die oorlog, in Januarie 1902, word nóg ’n kamp in Durban opgerig.
Nagenoeg 28 000 Boerekrygsgevangenes is uiteindelik in dié kampe aangehou voordat hulle vanaf April 1900 na die 31 buitelandse kampe (te St. Helena, Ceylon, Bermuda en Indië) gestuur is.
Vasgevang! bied ’n uitsonderlike kultuurhistoriese beskrywing van die lewe in die Suid-Afrikaanse kampe, ’n aspek wat nog nie voorheen te boek gestel is nie. | Estimated Value: 350-450
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook