Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is die mees omvangryke bron oor dié oorlog en bevat nagenoeg 200 foto’s, kaarte en illustrasies. Ervaar die oorlog soos dit nog nooit vantevore opgeteken is nie – met gedetailleerde beskrywings (met inligting uit Boere- en Britse bronne) oor die aanloop tot die stryd; die beleëring van onder meer Potchefstroom, Pretoria en Standerton; en inligting oor elke bloed- en sweetoomblik by die veldslae van Laingsnek, Schuinshoogte en die finale, legendariese Slag van Majuba. ‘n Daaglikse dagboekinskrywing van die dag se gebeure gedurende die Eerste Vryheidsoorlog kan hier gelees word. | Estimated Value: 1200-1400
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook