'n 8 Punt bul uit die AG03-256 (AG98-338) lyn aan vaderskant met uitstaande skede, breedte, naelvel, breedte op skouers, trap en hiel, goeie kop, oogbanke, bespiering, skof en haarkwaliteit. Hy is geskik om vervangingsverse uit M raam melktipe koeie, waar groei en doeltreffendheid hoog op die prioriteitslys is, te teel. Sy aanwending word deur sy sterk EBV's ondersteun. Sy nageslag kan ook effektief én doeltreffend afgerond word.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook