'n Mediumraam goedgepigmenteerde 7+ bul met uitstaande stertlengte, epididimi, skrotum, skof, vel en haar, skede, naelvel breedte op skouers, goeie oogbanke, stertaanhegting, kop, trap en hiel. Sy vaar is uit die kombinasie van die AG03-256 én HTC99-018 lyne, terwyl sy moeder se vaar uit AG02-251 (AG98-338) afstam. Sy spog verder met die volgende fisiese reproduksie syfers: OEK = 30mde, TKP = 350dae, 6 kalwers oor 7.3jr en les bes is haar RI = 117!! Hy is dus geskik om vervangingsverse uit M+ raam koeie te teel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook