Nero (poena) is een van die langste Simbra bulle in die bedryf. Die lengte in sy middelstuk is indrukwekkend en hy het besonder goeie lengte van heup na sit bene en lang boud bespiering. Nero se nek en skof ontwikkeling is baie imponerend en hy is met groot sukses in die Vleisberg kudde gebruik. Die bul se 200dae gewig EBV is nie op sy eie prestasie gegrond nie, maar eerder die prestasie van die 200dae gewigte van sy nageslag. Die beraamde teelwaardes sluit dus nie die bul se eie prestasie in nie.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook