Ons het besluit om ons veiling met ‘n goeie versbul te open en dan ook met ‘n bul met ‘n goeie kalwingsgemak waarde( 114) af te sluit. CSW 20-39 is ‘n poena(Pp) bul met ‘n melkwaarde van 108 en genoeg bevlesing het. Sy moeder CSW 16-140 het ‘n TKP van 417 en ‘n reproduksie indeks van 105.
CSW 20-39 het 32kg geweeg by geboorte en ‘n allemintige 254kg geweeg by speen. Met ‘n goeie kalwings gemak en goeie groei , is CSW 20-39 ‘n bul om nie mis te kyk nie.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook