Hannes Momberg van Vastrap Bonsmaras het vir CSW 18-54 die hoogste prys op ons 19de produksie veiling betaal. Hy is baie goed in die Vastrap stoetery gebruik en Vastrap Bonsmaras behou dan ook een mede eienaarskap van CSW 18-54. Hy het baie goeie teelwaardes met melk 103 en ‘n speen syfer van 102. Sy gewig op speen was 264 kg en met keuring het hy ‘n 8 punt behaal. Hy is die ideale medium raam bul wat ‘n dieplyf het en baie vleis dra. CSW 18-54 is die tipiese CSW bul. Donker dieplyf harde bul. CSW 18-54 is ‘n beproefde bul wat jy nie moet mis kyk nie.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook