Die bul praat vir hom self. Stoet bul by uitstek. Kyk eerste na sy stamboom. Aan vaderskant
LAR 008-84 , CSW 09-137(Brandoor) en aan moederskant AGJ 0008 van Oom Artur de
Villiers , VBB van Chris Visser en dan seker een van die beste bulle wat my Pa nog geteel
het , CSW 01-14 . Sy moeder het 11 kalwers oor 13 jaar gehad met ‘n TKP van 403 , wat vir
die Kalaharie wêreld met al sy droogtes baie goed is. Dan sy syfers - Kalwingsgemak waarde
van 101 , speen direk van 117 , na speen 112 , GDT 115 , lengte van 111 en so kan ek
aangaan. Kyk na die bul se sterk kop , skof , rug en die vleis wat hy dra.
Met al die bogenoemde gebeur dit nie altyd , dat die voorkoms van ‘n bul sy syfers en
stamboom komplimenteer nie. Hier het ons een van die min gevalle waar voorkoms top
gene en top syfers komplimenteer. Towton Bonsmaras besef dan ook , met wat se
uitsondelike dier ons hier te doen het en daarom hou ons twee mede eienaarskappe van die
bul terug. Ons wil nog vir jare van sy nageslag aan kry en is meer as te vrede met dit wat ons
tot op hede aan gekry het. Met ons 20ste produksie veiling wil ons graag hierdie top , top
dier aan ander telers beskikbaar stel .
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook