Kalwers. Kilogramme. Kontant.* Hierdie is die tipe bul wat nie net _kalwers_ maak nie – hy maak *wins*. Met top aanpasbaarheid uit sy vaderlyn, ligte geboortegewig en uitstekende kalwingsgemak, stap hy met gemak ook in moeilke veld, en laat die werk aan sy genetika en erfdwang oor. Sy kalwers groei vinnig, speen swaar en sit meer kilogramme op die skaal. Waar bene, funksionele bou en duursaamheid versterk moet word, bring Lot 28 waarde uit beide ouerlyne. As *kruistelingsbul* blink hy uit en lê hy die grondslag vir vrugbare, geharde *F1 Queen-koeie* wat jaar ná jaar produseer. Of jy speenkalwers of osse produseer, hierdie is die soort bul wat waarde byvoeg - seisoen na seisoen. Hy staan in die ring *TOP 10 Bonsmara veiling* *17 Julie @ 11h00* *aanlyn en by Agra Otjiwarongo
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook