Speen beter. Produseer meer. DIS ‘n Winsdrywer.
'n Bul wat onmiddellik die oog vang én die syfers het om dit te staaf. Hierdie bul bied die volledige pakket vir die ernstige kommersiële speenkalf- en osprodusent. Sy sterk teelwaardes vir kalwingsgemak, vrugbaarheid en groei word ondersteun deur die funksionele eienskappe wat onder praktiese produksietoestande saak maak.
Met 'n sterk, goed ontwikkelde lende, uitstekende balans, korrekte beenstruktuur, hoë libido en bewese gehardheid is hy geteel om jaar ná jaar onder uitgestrekte en uitdagende toestande te presteer. Sy genetika is daarop gemik om winsgewendheid te verhoog, kuddes funksioneel te verbeter en volhoubare genetiese vordering te verseker—hetsy in kruistelingsprogramme met Sanga- en Indicusrasse of in suiwer Bonsmara-osproduksiestelsels.
As jy jou hand wil opsteek vir hom - doen dit op 17 Julie @ 11h00 by Agra in Otjiwarongo - of bedien jou "device" aanlyn!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook