Gebou vir Groei. Geteel vir Balans.
Hierdie uitstekende bul is ‚n lewendige bewys van “parings wat werk!“ Hy is die verbeterde nageslag van 'n perfek gepaarde moeder- en vaderlyn, wat elkeen die beste in die ander na vore bring om 'n goed gebalanseerde geneties meerderwaardige stoetbul na vore te bring. Hy is geteel vir bouvrom en bespiering, en toon ‘n indrukwekkende diepte en kapasiteit, met 'n vol, gespierde agterkwart, uitsonderlike middelstuk kapasiteit, diep voorkwart en 'n raam wat groei en strukturele korrektheid in ‘n kudde kan verbeter.
Lot 20 is nog 'n eerste-klas “All Rounder“ uit die teling van Hochfeldstreek Bonsmaras. Met sy kalfgemak potensiaal het hy ook die vermoeë om sterk, vinnig groeiende speenkalwers te teel wat in die veld asook in voerkral kan uitstaan. Sy dogters sal na verwagting vrugbare, funksionele verse wees.
Met 'n los, blink dieprooi gesogte Bonsmara-rooi haarkleed, toon hy uitstekende aanpasbaarheid, velddoeltreffendheid en die kenmerkende voorkoms van 'n ware ras-ambassadeur. Sy „easy fleshing“ vermoë, goeie kapasiteit, raamgrootte en bouvorm behoort ‘n positiewe bydrae vir baeieienskappe na einige vleisbeeskudde te bring. Lot 20 is dus 'n ooglopende en winsgewende keuse vir einige kommersiële of stoetkudde wat produktiwiteit will verbeter.Met sterk teelwaardes vir vrugbaarheid en groei, is hierdie bul 'n langtermynbelegging wat werklike, meetbare waarde vir jou kudde sal bring. As jy daarop gemik is om jou kudde met prestasie, balans en kwaliteit te versterk, dan is Lot 20 die bul wat jy huis toe behoort te vat!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook