Hierdie 2jr en 5 maande oue bul is ’n toonbeeld van kwaliteit en genetiese potensiaal. ERH 23-10 is opvallend met sy gladde vel, mooi pigmentasie en kompakte, bouvorm. Sy sterk toplyn, goeie bespiering en stewige agterkwart plaas hom in ’n klas van sy eie. Hy moet net op koeie gebruik word.
Hoogtepunte: Baie goeie skrotum en netjiese skede – dekgeskik. Uitstaande beenstruktuur en mobiliteit. Goeie breedte en diepte – geteel vir vleisproduksie. Goeie temperament – maklik hanteerbaar. Afkomstig van betroubare prestasiegeteelde bloedlyne. n Uitstekende keuse vir die boer wat ’n bul soek met balans, stoetwaardigheid en langtermyn teelwaarde.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook