All rounder. DKT Bonsmaras streef daarna om medium raam diere te teel wat “all rounders” oftewel bestuurs gemak diere is sodat bulle op verse en koeie gebruik kan word. Diere met kalfgemak eienskappe en ook genoeg groei potensiaal. Soos meeste van ons bulle val DKT 22-128 presies in hierdie kategorie. DKT 22-128 wys sterk manlikheid met goeie diepte regdeur sy lyf. ‘n Donker bul met goeie aanpasbaarheids eienskappe, lekker los vel en strukturele korrektheid maak DKT 22-128 een van die sterker bulle op die veiling en hy sal ‘n groot bydrae in enige kudde maak
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook