Behou drie mede eienaarskappe
Ek haal vir Johan Van Der Nest aan “JO, JO, JO MANNE, JULLE MOET MOOI KYK”
Hy is ‘n besonderse seun van NFS190294, wat ‘n seun van CEF130317 is. Ons het hom sterk gebruik en hy teel soos hy lyk!
Die bul se teelwaardes pas by sy fenotipiese voorkoms.
Dit is ‘n manlike bul met baie min foute, ‘n sterk bek,kop,oogbanke,skof,nek,goeie toplyn,mooi boud,perfekte stert aanhegting ,sterk bene, ‘n mooi gevormde skrotum met ‘n mooi skede.
Sy ouma kom uit die bekende NFS110101. Sy ma NFS160101 het ‘n TKP van 359 met ‘n retensie van 70% met ‘n melkwaarde van 4.5.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook