Behou twee mede eienaarskappe | Hier het LFR 16-068 sy stempel goed afgedruk as ‘n uitsonderlike bul, geteel uit die Bristow Bosveld lyn wat Leon Riekert hoog aanslaan. Aan sy moederskant, is die alombekende TBR 91-704, aka Die Trein. Hy was ‘n lang, swaar bul wat vroeër deur baie telers gebruik is.
Hier is ‘n goed gebalanseerde bul, met diepte en lengte en uitstekende karkas eienskappe. Blou bloed genetika loop dik deur hierdie bul se are.
LMT 20-258 se moer is ‘n uitstaande dogter van THE 10-126, wat Benjamin Bosch en Surina Visser met sukses gebruik het. Lot 12 was haar eerste bulkalf, met speen indeks 108 en GDT indeks 112. Swaar speenkalwers met goeie na speen groei, is in die gene. Haar gebalanseerde vrugbaarheidswaarde indeks van 108 en melkwaarde indeks van 104 gee ‘n koeiwaarde indeks van 116. Sy het my altyd tevrede laat glimlag. Die uitsonderlike koei AG 95-01 kom twee keer voor in haar moeder se stamboom (Arthur De Villiers het die koei hoog aangeslaan in sy kudde).
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook