Limbo is ‘n bewese stoetbul wat reeds met groot sukses in ons kudde gebruik is, en ons bied hom nou met vertroue aan vir die volgende fase van sy loopbaan. Hierdie indrukwekkende rooi bul beskik oor uitstekende diepte en volume in al die regte plekke ‘n ware toonbeeld van funksionaliteit en balans. Sy sterk bouvorm, goeie bespiering en manlikheid maak hom ‘n waardevolle toevoeging tot enige teelprogram. Limbo het homself ook in die skouring bewys as deel van Rumba Simbra se 2024 skoustring, waar hy as Grootfontein Skoukampioen gekroon is, ‘n bewys van sy uitstaande gehalte en tipe HH: 140cm, Raam: Medium
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook