ʼn Mediumraam sterk manlike bul met uitstaande kop (regte tipe vir goeie aanpassingsvermoë),
skof en bespiering wat deur sy breedte op sy skouers en definisie op sy voorarm duidelik
illustreer word, word deur sy foto oneer aangedoen, aangesien hy hoog op die been vertoon. Alhoewel hy ʼn draer is van die NT821 geen, kompenseer sy absolute goeie balans t.o.v. sy
speen- en vrugbaarheidwaardes asook EBV-Indekse daarvoor, en ondersteun dit sy aanwending
om goeie vervangingsverse uit mediumraam melktipe koeie mee te teel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook