Hierdie baie mooi mediumraam bul het geweldige groei, sonder dat sy vrugbaarheid in die grond gedruk word, én sy koeiwaarde selfs 105 is. Hy is dus geskik waar groei baie hoog op die prioriteitslys is. Sy speenkalwers sal baie effektief afgerond kan word. As u vervangingsverse sou wou teel om groei in die kudde te verhoog, kan hy baie effektief op M tot M- raam stoetkoeie gebruik word, aangesien hy baie gebalanseerde EBV’s het! Let ook op na sy geweldige karkaswaarde!! Hierby het hy uitstaande kloue, goeie balans, uitstaande keelvel, skof, lengte, skrotum, breedte, kapasiteit, goeie pigmentasie, manlikheid, en toplyn.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook