Moenie hom oor die vlek (skiller kol) op sy lende miskyk nie! In die vroeë 1970’s het HOTL086 wat ook so ʼn vlek gehad het, baie populêr geword as KI bul, juis met die naam “Vlek”. Hy is ʼn goed gepigmenteerde mediumraam kompakte bul met uitstaande balans, kloue, skrotum, goeie keelvel, skede, naelvel, breedte, kapasiteit en stertlengte. Sy goeie gebalanseerde EBV’s, seleksiewaardes en uitstekende moeder, maak hom van ʼn besliste keuse as stoetbul op mediumraam koeie
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook