OPMERKING:
Hierdie 9-punt potensiële stoetbul word, behalwe deur sy eie uitstaande bouvorm en voorkoms, gerugsteun deur sy tipiese kurweknakker EBV’s. Al sy eienskappe se teelwaarde-indekse is bo 100 (rasgemiddeld). Dit is ‘n baie seldsame en gesogte kombinasie! Verder het hy ‘n baie diep stamboom met drie oupagrootjies wat geregistreerde KI-bulle was, uitstaande moeder uit ‘n Silwermeriete vaar én Elite Goue moeder – wat wil jy nou meer! ‘n Verdere bewys van sy kwaliteite is die feit dat van die 15x PER bulle op aanbod, is ses halfbroers én drie ooms aan vaderskant. Daarby is hy normaal - dra nie die Myostatin geen (dubbelbespiering) nie.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook