Bul SP Birth Date: 13.06.18
OPMERKING:
Ook ‘n normale gepigmenteerde ligrooi 8+ potensiële stoetbul vir die warmer dele - met ‘n baie-baie diep stamboom aan vaderskant. Hy spog met bekende kuddevaars wat baie gesog was en diep spore in die Bonsmara se ontwikkeling getrap het, naamlik: BHE03-083, RCO98-037, TBR91-704, AG J008 asook sy vaar AG D103. Ek wil graag hierdie bulle salueer! Daarby het hy ‘n uitmuntende moeder wie se nege uit nege kalwers, wat vir keuring aangebied is, almal goedgekeur is. Sy het haar somer 2020 kalf aan haar sy, én ‘n Silwermeriete vaar. Hierby het hy ook ‘n uitstekende ouma aan vaderskant. Die goeie nuus is dat GJG18-096 geskik is om verse mee te open. Sy uitstekende reproduksie-eienskappe vir versvrugbaarheid (127) en koeivrugbaarheid (101) asook marmering van 103, bevestig sy aanwending as ‘n potensiële kuddevaar. Sy houding en manlikheid maak van hom ‘n lus vir die oog!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook