3.5 ster bul. Genomies getoets
Breed van voor tot agter en oor die skouers, goed gevul agter die skouers, goeie ribsprong, buite- en binnedye goed gevul. Die
kruishelling en stert-aanhegting is ideaal.
Die bul het ‘n noemenswaardige vermoë om goeie kondisie te handhaaf.
Die bul se vader, WAT 16-173 het goed in die kudde presteer. Sy ma is ‘n dogter van CSW 13-195, ‘n uitstekende bul wat in die
kudde gebruik word.
Hierdie bul sal uitstekende vroulike vervangingsdiere teel.
Uitstaande waardes:
- Kalwingsgemak: 92
- Groeiwaarde: 112
- Koeiwaarde: 106
- Speenkalf: 103
- Vrugbaarheid: 108
- Melk: 109
- Karkas: 114
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook