Stel Jouself Voor
Kroon Vee is 'n familieboerdery wat in die teel van Brahmane spesialiseer sedert 1972. Brahmane is ons lewe. Baie boerderye diversifiseer om risikos te versprei, maar by Kroon Vee spesialiseer ons in Brahmane om fokus te hou om net die beste vir ons kliënte te bied.
Wat word aangebied?
80 Manso en Rooi Brahman bulle asook 50 dragtige stoet Manso Brahman verse.
Topkeuses
Manso bulle: lotte 3, 4, 5, 6, 33, 35
Rooi bulle: lotte 13, 14
Verse: lotte 18, 19, 20, 21, 23, 24
Teelbeleid
Om hoë kwaliteit stoet diere te teel, wat bestuur word op kommersiële boerdery beginsels, en geen sentiment te hê aan diere wat nie ekonomies doeltreffend en produktief is nie.
Stoetgeskiedenis
Kroon Vee Brahmane is gestig in 1972 deur Jan van Zyl Snr en word vandag deur Jan Jnr en Gideon bestuur. Hulle is tans 5de generasie beesboere en 3de generasie stoet boere. Ons is geteel en gekondisioneer om beeste te teel.
Enigiets Anders?
Ons bied gratis vervoer van alle veilings diere tot op sentrale punte asook gratis vervoer versekering tot die dier op jou plaas is.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook