CEF190364 is ‘n indrukwekkende bul uit die Zinabos Bonsmara kudde van Fourie Scheepers. Dit is ‘n bul met ‘n baie mooi manlike kop met ‘n mooi sterk bek, sterk oogbanke en goeie breedte tussen die oë. Hy het ‘n pragtige skof, wys uitstekende verdonkering, het baie goeie lengte, toplyn en kapasiteit. Hy het ‘n goeie agterkwart en skrotum. CEF190364 het ‘n geboortemassa van 30 kg en sy seleksiewaardes is sterk op geboortegemak. Ons het hom op verse en eerstekalf koeie gebruik. Die gemiddelde geboortemassa van sy kalwers wat ons aangekry het, is 33. CEF190364 sal beslis ‘n goeie bydrae maak tot meeste kommersiële kuddes. Hy is getoets vir en vry van al drie dubbelbespiering gene. Kuddervaar, In kudde op verse gebruik
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook