HC220017 is aan vaderskant geteel uit WAT1600230 van Frikkie Kruger, wat nou by Dr Stephan Wessels loop. Aan moederskant stam hy af van GCD050148 van oorlede oom Glynn Handley, wat diep spore in die bedryf getrap het. Hy het ‘n besonderse kop met prominente oogbanke en goeie breedte tussen die oë. Sy toplyn is baie goed, sy skrotum en skede is pragtig gevorm, so goed as wat dit kan wees. Hy beskik ook oor baie goeie kapasiteit en mooi breë borsvloer. In terme van BLUP is hy sterk op melk en skrotumomtrek. Sy Seleksiewaardes is sterk op Geboortegemak, Vrugbaarheid, Onderhoud en Koeiwaarde en ondersteun gebruik op verse. HC220017 is getoets vir en is vry van Q204X dubbelbespiering geen.Seleksiedata gunstig vir gebruik op verse.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook