Ek hou van die bul omdat sy ma, GZV130195, tans die ‘’beste’’ koei in ons kudde is. Sy is ‘n pragtige 2+3 koei wat die drukbeweiding in haar stride vat. Sy kalf op 24 mde en spog met ‘n TKP van 375 en is weer dragtig met haar 10de kalf. Ek wonder hoeveel sulke matriarge loop daar onder drukbeweiding op natuurlike weiding rond. Dalk 10? Terug by die bul. Hy is glad, lank, goeie testis en manlik. Hy het jou oog van kleins af gevang.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook