Van die laaste goeie seuns van GZV140154, wat diep spore in ons kudde getrap het. Sy ma is TOR150313 van David Cock. Ons het 200318 op verse gebruik net nadat hy uit die fase D gekom het. Nog ‘n sogenaamde kurweknakker met uitstaande syfers. Produksie waardes: kalwingsgemak (113), speenkalf (115), onderhoud (113), koeiwaarde (110), groeiwaarde (117) en karkas (116). Ons ondervinding is dat bulle wat so vroeg gebruik word se manlike stadiger ontwikkel so moenie hierdie besonderse bul miskyk nie. Hy sal floreer oral waar hy gaan. Ek back hom!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook