Hierdie bul vang jou oog al meer en meer. Met die koue was hy die 1st een wat omtrent sy truitjie aangetrek het wat ‘n teken is dat hy aangepas is in die koue SFS. Hier is ‘n lekker dik, breë, volvleis-seun van AVK170011 x GZV170292 met ‘n goeie skede, voorkwart en agterkwart. Pasop dat jy hom nie mis nie. Goeie produksiewaardes op vrugbaarheid (100), onderhoud (109), groei (101) en karkas (104).
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook