Veelsydig. Vrugbaar. Voordelig.
'n Regte alles-in-een bul wat in enige teelprogram sy plek kan volstaan. Sy treffende manlike kop, goed ontwikkelde skof, breë borsvloer, uitstekende balans en kapasiteit word aangevul deur goeie bespiering, goed gevulde binne- en buitedye en 'n sterk rug en lende wat kilogramme dra. Sy gladde vel en haar getuig van gehardheid en aanpasbaarheid vir veeleisende, warm, ekstensiewe toestande. Gebalanseerde teelwaardes vir groei én vrugbaarheid maak hom ideaal vir aanteelverse, speenkalfproduksie, parings met uitgegroeide verse en kruisteling. 'n Bul wat nie net kalwers produseer nie, maar vir jare waarde én wins tot jou kudde toevoeg
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook