Gebou vir Vleis. Geteel vir Resultate.
Met baie goeie groeisyfers, goeie aanpasbaarheid, bitter goeie kapasiteit, en gewensde “easy fleshing”, of bevlesing, voeg hierdie bul waarde tot enige vleisproduksie stelsel.
Sy sterk teelwaardes vir na-speense groei, uitstekende aanpasbaarheid, bo-gemiddelde skouerhoogte, bo-gemiddelde raamgrootte, lekker lang lyf en ’n rustige temperament maak van hom die ideale keuse vir boerderygemak, waar vrugbare, ietwat groter vervangingsverse, eenvormige en swaar speenkalwers of swaarder osse direk van die veld vereis word. Hy is die ideale keuse vir kruisteling met taurus tipe koeie om die ideale osse van die veld te produseer wat weeg EN gradeer!
Prestasie vir die plaas en op die plaas – jou boerdery-gemak bul.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook