Dié bul straal manlikheid uit – goed gebalanseerd, sterk libido, bespierd en met goeie raamgrootte. Met sy korrekte bouvorm en goeie bespiering regdeur voor- middel-agterkwart, bied hy uitstekende lengte, diepte en kapasiteit. Hy toon goeie breedte oor die hakke, en sy korrekte bene is gebou om baie vleis te dra! Sy teelwaardes vir produksie maak hom ideaal om vrugbare, lae-onderhoud koeie asook swaar speenkalwers te teel. Met ‘n waardetoevoeging vir skouerhoogte en lengte, is hy ’n uitstekende keuse vir os- en speenkalfproduksie, en veral waardevol in kruisteling waar die ekstra kilogramme direk van die veld af tel.
Funksioneel. Vrugbaar. Geteel vir prestasie – dié bul gee jou kudde ‘n hupstoot, en jou beesskaal ‘n sprong vorentoe!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook