Bevlesing vir jou kudde – Manlikheid, Bouvrom & Bespiering
Hierdie bul bring baie goeie bespiering na jou kudde! Met goeie kapasiteit, sterk en funksionele bouvorm, vol bespiering op rug en lende lende en baie vleis van voor tot agter, is hy gebou om gewig te voeg waar dit tel. Sy sterk bouvorm maak van hom die ideale kruisingsdier met indicus-tipe koeie vir beter gewigte op sy kalwers. Hy behoort ook in suiwer Bonsmara boerderye die ideale keuse te wees om vleiswaarde te verhoog, speenkalwers swaarder te laat weeg en osse meer winsgewend te laat groei.
As jy waarde tot jou kudde se vleisproduksie wil verbeter, is dié bul die regte een.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook