Die bul het ‘n sterk manlike kop en bek. Hy is donkerrooi met uitstaande vel en haarkwaliteit. Sy balans, bespiering, testis, skede, bene, kloue, toplyn, en houding is uitstekend. Teelwaardes en seleksiewaardes is baie goed en hy is normal vir dubbelbespiering. Sy ma het ‘n speenindeks van 101 oor vier kalwers en ‘n TKP van 363 dae. Hy sal ‘n goeie bydrae in enige stoet maak.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook